Ofskoon die PPECB se versoek aan sy kliënte om hul B-BBEE-sertifikate te verskaf tans nog nie hul uitvoerstatus beïnvloed nie, is daar groot kommer dat dit wel die volgende stap van die organisasie gaan wees. Met die veldtog wil TLU SA – in samewerking met die Sakeliga – boere bekwaam om die uitdaging aan te pak.

TLU SA en Sakeliga vat hande om vir die boere die nodige bystand te verleen. In die beëdigde verklaring wat jy saam met jou sertifikaat moet voorsien, stel TLU SA en Sakeliga voor jy voeg vier paragrawe by om jou te beskerm en te help met die oog op die toekoms.

Los jou besonderhede hier en kry die vier paragrawe wat jy saam met jou beëdigde verklaring moet indien.

PPECB Boere Afrikaans
Kontakbesonderhede: 012 804 8031 / info@tlu.co.za / www.tlu.co.za
***TLU SA sal alle toepaslike persoonlike inligting beskerm en stoor soos beskryf in die toepaslike wetgewing en sal slegs sulke persoonlike inligting gebruik vir die doel hierin vermeld. Met die invul van bogenoemde vorm stem u in en bevestig dat TLU SA u telefonies mag kontak. Ons bedank u vir u ondersteuning van hierdie kritieke veldtog. Hiermee gee ek toestemming dat my kontakbesonderhede in hierdie voorlegging aan die parlement gestuur mag word.

Ons het soveel as moontlik Suid-Afrikaners nodig om saam met ons te staan deur ons petisie te onderteken en jou steun aan die land se boere te wys.

Die immorele, rassistiese regulasies wat die ANC duidelik deur die agterdeur wil inbring, gaan ’n uiters nadelige effek hê op die uitvoerindustrie – veral vir klein- en medium- familieboerderye wat hoofsaaklik bedryf word deur ʼn enkele eienaar of gesin. Onthou, wanneer boerderye in Suid-Afrika agteruitgaan, gaan werksgeleenthede ook agteruit.

Deur die petisie te onderteken gee u hoop aan die boere en ondersteun die stryd teen werkloosheid.

Gee jou stem en steun aan boere wat hulp nodig het teen nóg ’n aanslag op landbou in Suid-Afrika. Deur dié petisie te onderteken gee jy jou steun vir boere in hul stryd teen verpligte rasseklassifikasie van hul boerdery vir moontlike boetes en selfs beperkings.

PPECB Afrikaans
Kontakbesonderhede: 012 804 8031 / info@tlu.co.za / www.tlu.co.za
***TLU SA sal alle toepaslike persoonlike inligting beskerm en stoor soos beskryf in die toepaslike wetgewing en sal slegs sulke persoonlike inligting gebruik vir die doel hierin vermeld. Met die invul van bogenoemde vorm stem u in en bevestig dat TLU SA u telefonies mag kontak. Ons bedank u vir u ondersteuning van hierdie kritieke veldtog. Hiermee gee ek toestemming dat my kontakbesonderhede in hierdie voorlegging aan die parlement gestuur mag word.

Daar is soveel vrae oor hoe SEB (Swart Ekonomiese Bemagtiging) boere en hul boerdery raak en beïnvloed. TLU SA het – na aanleiding van ons “Boere, beskerm jou uitvoerstatus”-veldtog – besluit dit is tyd om van die mees algemene vrae aan te spreek en boere die kans te gee om hul vrae te stel en moontlike antwoorde te vind.

TLU SA bied op Maandag 28 Februarie om 18:00 ’n webinaar aan waar boere in gesprek kan tree met TLU SA Hoofbestuurder, Bennie van Zyl, en Jannie Raath, TLU SA Streekbestuurder: Vrystaat en Noordwes, oor hoe SEB jou persoonlik beïnvloed.

Vir die ideale geleentheid om vrae op jou antwoorde te kry, registreer vandag nog hier vir die webinaar.

PPECB webinaar