MAAK JOU STEM DIK: ONDERSTEUN TLU SA SE VELDTOG EN WEES SO DEEL VAN DIE OPLOSSING
Suid-Afrika staan voor ’n keerpunt met sy kragkrisis. TLU SA doen ’n beroep op die regering om Eskom te privatiseer, want die huidige stand van sake kan die land oor die afgrond stuur.
- Privatisering van Eskom is die enigste antwoord en oplossing vir die land se energie- en ekonomiese krisis.
- Eskom se probleme is operasioneel en finansieel.
- Klein veranderinge en die heen-en-weer skuif van Eskom se skuld gaan nie die probleem oplos nie.
In ’n onderhoud met BizNews sê die globale energie-omkeerspesialis KW Miller Eskom is ’n “operasioneel disfunksionele, finansieel insolvent, onbetroubare en korrupte entiteit”. Hy sê die pad vorentoe sal bepaal word deur die optrede van die krediteure wat ’n groot deel van die hoofsaaklik staatsgewaarborgde Eskom-skuld besit.
Feite met betrekking tot Eskom
- Eskom se ware skuld is meer as 75% van Suid-Afrika se totale skuld.
- Eskom het elke moontlike probleem wat jy jouself kan indink.
- Die steenkoolkontrakte is deurspek met bedrog. Die ketels is verwoes weens swak kwaliteit steenkool.
- Diesel word ook nie effektief benut nie. Eskom brand 10 miljard liters per dag.
- Eskom gaan omtrent R20 miljard net aan diesel spandeer in 2023.
ONDERSTEUN TLU SA SE VELDTOG EN WEES SO DEEL VAN DIE OPLOSSING
Voeg jou naam op die lys.
Die volledige lys van name gaan saam met die brief aan betrokke partye gestuur word, met insluiting van die Minister van Arbeid, die raad van Eskom en Pravin Gordhan, Minister van Openbare Ondernemings. Daar is al telkemale in die verlede bewys dat wanneer Suid-Afrikaners saamstaan, veranderinge kan plaasvind. Dit is tyd dat die burgerlike samelewing aandring op hoë kwaliteit diens en druk plaas op die partye om die land in die regte rigting te laat groei.