Veediefstal is ’n groot, georganiseerde bedryf met groot geld op die spel

Raad vir boere, is om ekstra maatreëls in plek te stel om diefstalle te voorkom. Hulle moet – en dit is van kardinale belang – by hulle plaaslike veiligheidstrukture inskakel. Sou hulle sake aanmeld moet hulle deurlopend met die ondersoekbeampte kontak hou tot die saak deur die hof gevoer word.

PRAKTIESE RAAD

  • Meld alle veediefstal aan en volg gereeld op.
  • Sluit aan by jou plaaslike VIS (veediefstal inligting sentrum).
  • Woon maandelikse Landelike Veiligheidvergaderings met die SAPD by en sorg dat veediefstal op die sakelys is.
  • Plaas veediefstal as staande punt op alle SAPD vergaderings insluitend Landelike Prioriteit vergadering.
  • Sorg dat jou eie dokumente in plek is wanneer diere vervoer word (Art 6 en 8).
  • Sorg dat brandmerke/tatoeëring reg gedoen word.
  • Wees katvoet by veilings.

Raak betrokke

Die feesseisoen bring ’n toename in veediefstal gevalle. TLU SA wil graag die dringendheid van dié misdaad ernstig aanspreek en daarvoor het ons almal se insae nodig.

Volg Celia Beukes se voorbeeld (klik hier) en deel asseblief jou ervaring met veediefstal met ons.

Veediefstal Afrikaans
Kontakbesonderhede: 012 804 8031 / info@tlu.co.za / www.tlu.co.za
***TLU SA sal alle toepaslike persoonlike inligting beskerm en stoor soos beskryf in die toepaslike wetgewing en sal slegs sulke persoonlike inligting gebruik vir die doel hierin vermeld. Met die invul van bogenoemde vorm stem u in en bevestig dat TLU SA u telefonies mag kontak. Ons bedank u vir u ondersteuning van hierdie kritieke veldtog. Hiermee gee ek toestemming dat my kontakbesonderhede in hierdie voorlegging aan die parlement gestuur mag word.